×
 

tonneau KING Blog

KOLSKOOT Magazine Article - By Koos Barnard

KOLSKOOT Magazine Article - By Koos Barnard

tonneau KING is Koning

 

 

 

 

Koop jy ’n nuwe bakkie is een van die eerste vrae gewoonlik hoe jy die bak of laairuim gaan benut.

Bakkie cover

Baie mense laat dadelik ’n kappie installeer, want dit is seker een van die handigste bybehore wat daar vir bakkies is. Sommige mense het egter nie ’n kappie nodig nie of wil om een of ander rede nie een hê nie. Laasgenoemde was met my die geval toe ek onlangs ’n nuwe bakkie gekoop het. Ek het vir byna 95% van die tyd wat ek my bakkie gebruik nie ’n kappie nodig nie en daarom wou ek nie die addisionele uitgawe aangaan nie.

My keuse het geval op ’n tonneau of seiltjie wat veel goedkoper is, maar ek wou nie die normale sagte vinieltipe seiltjie (vinyl) hê nie.  Dit bied geen sekuriteit nie omdat viniel maklik met ’n mes of ander skerp voorwerp stukkend gesny kan word.

Ek wou dus ’n harde tonneau cover (soos dit in Engels bekend staan) hê. Google word nie verniet die moderne mens se beste vriend genoem nie en binne vyf minute nadat my vrou my help soek het, het ons die naam Tonneau King raakgeloop en dit nogal in Pretoria waar ek bly.

Hierdie maatskappy se Supreme Hard-soft Tri-fold Tonneau Cover (dis ’n hele bekvol) is presies waarna ek gesoek het. Dié “seiltjie” bestaan uit ’n raamwerk van aluminium met vier knippe wat aan die binnekant van die bak vasknip, twee voor en twee agter – daar is dus geen geboor of enige  ereedskap nodig om die tonneau op te sit of af te haal nie. Die deel wat die bak bedek bestaan uit drie soliede nylonpanele (hulle is snybestand) wat oorgetrek is met mariene-graad viniel.

Bakkie tonneau cover

Wat dié tonneau uniek maak, is dat die drie panele  kan opvou (sien foto). Sou jy dus toegang tot die bak wou hê, maak jy bloot die bakkie se klap agter oop, knip die tonneau  se agterste knippe los en vou die panele vorentoe – vir alle praktiese doeleindes amper net so vinnig as wat jy ’n kappie se kantvenster oopmaak.

Met die Supreme Hard-soft Tonneau in plek vasgeknip, kan jy ook die bakkie se klap sluit wat dan enige goedere wat jy agter in die bak het, heel goed beveilig. Die raamwerk met die nylonpanele is so stewig dat Supreme se tonneau ’n gewig van 120kg met gemak kan dra. Dan is die viniel natuurlik ook waterdig en UV-bestand. Met die onlangse baie reën in Pretoria het ek gevind dat die Supreme die bak kurkdroog hou. Hierdie tonneau covers kom met ’n vyfjaar-waarborg.

Ek gebruik die Supreme Hard-soft Tonneau nou al drie maande lank en is baie in my noppies  daarmee. Dis werklik ’n baie handige oplossing vir iemand wat nie belangstel om ’n kappie aan te skaf nie. Een van dié tonneau se beste bates, behalwe dat dit ook brandstof bespaar, is dat jy dit letterlik binne sekondes kan afhaal en opsit. Dit pas my behoeftes uitstekend omdat ek baie jag en dikwels geskiete wild op my bakkie moet laai om by die slagplek te besorg.

Tonneau King het werklik ’n puik produk beet met hierdie “seiltjie” en ek beveel dit met groot vrymoedigheid aan.

* Kontak Tonneau King vir hierdie en ander soortgelyke produkte by 012-997-4544.

Read More   

Proud Sponsors of The South African 4×4 & Outdoor Show

Proud Sponsors of The South African 4×4 & Outdoor Show

The South African 4×4 & Outdoor Show is a jam packed event of high quality and is setting the benchmark in the 4×4 & Outdoor industry.

 

The tonneau KING team proudly sponsored trademarked accessories for the event bakkie.  We will have a special lucky draw competition with great prizes and will also be running huge discounts at the show.

 

Read More   

Ford International Approved tonneau KING® Products

Ford International Approved tonneau KING® Products

We are excited and proud to announce that our tri-fold™
hard and soft tonneau covers have been approved Internationally
by Ford Motor Company as a Ford Accessory.  

Read More   

tonneau KING Easter Holiday Promotions

tonneau KING Easter Holiday Promotions


The Easter Holiday Season is nearly upon us, which means it's almost time
to pack your bags and load the bakkie  for a quick and well deserved get away. 

This year tonneau KING® promises to keep your belongings SAFE & SECURE in your bakkie with our Lockable Hard and Soft tri-fold™ tonneau (bakkie) covers. 
The fact that our covers fits & removes in SECONDS is
only a bonus to your whole family.

Our trusty tonneau SEAT cover range will definitely come in handy for a holiday in the outdoors, we now have a 1 MILLION km Guarantee on this range as it will not fade nor damage in any way, the perfect solution for a cleaner trip.

The tonneau KING
® Product Range also includes the well known tonneau SEAL kit which will reduce the dust in your bakkie bin and ensure cleaner luggage.

View our full Hassle Free Product Range on our website or contact us to enquire about our Easter Promotions.

Read More